Terme en Voorwaardes:
Terms and Conditions:
Neem asb. kennis dat die inhoud van die “treklys” onder ook beskikbaar is vir aflaai in PDF formaat. Kliek op die opskrif om die treklys punt oop te maak.
Please note all the content of the accordion below is also available to download as a PDF document. Click on the heading to display the full text:
Dansklub Lidmaatskap Voorwaardes en Ander Kennisgewings!
Pare-dans, veral ons tipe sosiale pare-dans, is ‘n koningklike aktiwiteit en vandat u aanlyn by ons vooraanstaande dansklub dans word u bestempel as ‘n lid van ons deftige dansklub tydens u deelname, dus word dit van u verwag soos van al ons dansers om u gedrag op koningklike wyse te handhaaf. Ons danskennis moet ook nie gebruik word om na plekke te gaan waar oormatig alkohol gebruik word nie. Dansers moet hulself altyd openbaar as ordentlik en beskaafd.
Ons as sosiale dansers, wat betrokke is by een of ander vorm van maatdans: baldans, Latyns-Amerikaanse dans, RocknRoll en ander informele paartjies danse (ons doen al hierdie; nie net een of twee nie), is almal deel van ‘n internasionale koninklike familiestam. Pare-dans is so ‘n elite aktiwiteit dat dit outomaties troon status verskaf omdat dit dissipline met respek en deernis teenoor ander vereis om uit te voer en goed daarin te vaar.
Pare-dans behels om 7 dinge op dieselfde tyd te doen en selfs seuns en mans kan dit doen:
- luister na die musiek,
- bly in tyd met die musiek,
- voer danspassies uit,
- vermy botsings,
- beplan die volgende passie,
- gee of reageer op die dansmaat se dans-syne en
- gesels…
Geen wonder dit is moontlik om IK te verhoog met pare-dans nie; die enigste aktiwiteit wat dit kan vermag—‘n bewese feit. U moet asb. nie jaag deur ons aanlynlesse nie, maar geduld uitoefen deur genoegsame tyd toe te laat om hierin te ontwikkel sodat u al hierdie goed afsonderlik as man of vrou tegelyk kan doen. Dis nie iets wat oornag ontwikkel nie; dis ‘n groei en ontwikkellingsproses.
Alles wat ons verskaf is stresvry, maar bring waardevolle blootstelling, ontwikkeling en lewenservaring mee. Dus is dit van kardinale belang dat ons dansers al die danspassies wat aangebied word behoorlik oefen saam met die musiek wat verskaf word in mp3 formaat onderaan die videolesse om die gewenste en beste resultate te verkry.
Ons het regtig baie lojale dansers wie aanlyn hul lesse neem en ons bedank hierdie lojale dansers vir al jul terugvoer, voorstelle en bydrae. Dit gaan nie onopgemerk verby nie en die resultate is duidelik sigbaar.
Ons videolesse moet getrou geneem word. Dansers wat ongereeld hul lesse neem kan nie ons dansklub of aanlynlesse verantwoordelik hou as hulle nie kan dans, passies onthou of kan uitvoer nie. Dansers wat nie elke week, elke dag of elke paar dae hul aanlynlesse neem nie, kan nie dit wat behandel word onthou nie. Die brein begin reeds vergeet vanaf 7 dae, daarom is dit die ideaal om weekliks of minder die aanlynlesse te neem en dis ook belangrik om dit vir jare te doen sodat die nuwe kennis die brein kan stimuleer en die ou kennis herhaal of verfris kan word. Dansers wat gereeld in voeling met die dans bly onthou net soveel beter as die wat net nou en dan na ‘n funksie gaan waar hul hul kennis en vaardigheid ten toon wil stel en dan agterkom hulle kan baie min onthou. Die gereelde neem van aanlynlesse help geweldig om selfs ou goed te onthou omdat die danser in voeling bly met hierdie lewensvaardigheid.
Onthou, die brein verloor die inligting na 7 dae. Dit is hoekom dit so belangrik is om in kontak te kom met dieselfde vaardigheid op ‘n weeklikse basis, wat nie altyd moontlik is as gevolg van siekte of ander aktiwiteite nie, maar dansers wat gereeld hul lesse neem, dans goed in vergelyking met die dansers wat stokkies draai. Ons navorsing het getoon dat dansers wat fisiese klas bywoon of videolesse aanlyn neem elke tweede week vir weke, kan nie behoorlik leer dans nie. Hulle leer slegs passies, maar hulle kan dit nie gebruik nie omdat hulle nie die gereelde lesse neem nie en in alle waarskynlikheid ook nie oefen asof hulle by ‘n dansfunksie is nie. Eers na ‘n 7-week periode, is elke danspassie ‘n deel van die geheue bank en kan nie meer verlore gaan nie. 24 uur tot 7-dae tussenposes of rusperiodes is nodig vir die brein om nuwe data te verwerk.
Die 7 stadiums waardeur die verstand gaan tydens die verwerking van ‘n nuwe vaardigheid:
1ste blootstelling = totale verwerping
2de blootstelling = gedeeltelike verwerping
3de blootstelling = gedeeltelike aanvaarding
4de blootstelling = volle aanvaarding
5de blootstelling = gedeeltelike assimilasie
6de blootstelling = volledige assimilasie
7de blootstelling = outomaties en deel van mens
Dansers wat by ons aanlynlesse neem, neem die veratwoordelikeid en aanspreekliheid om gereeld ons aanlynlesse te doen. Dit blyk moeiliker te wees om dissipline uit te oefen wanneer dit by neem van aanlynkurusse kom, maar mens kan dit doen want daar is al paar wat suksesvol kursusse afgehandel het.
Omdat ons ons aanlynlesse getoets het en seker gemaak het dat dit dieselfde aangebied word as ons fisiese klasse om die beste resultate te verseker en ook ‘n paar pare gevra het om ons aanlynlesse en kursusse te toets, is ons seker dat enige iemand wat fokus en aandag gee, die gewenste resultaat sal verkry.
Alhoewel ons aanlyndansers op eie risiko ons videolesse en virtuele kursusse neem, wil ons nog steeds hê hul moet vir baie lank tot op hoë dansvlak by ons dans. Om hierdie rede sorg ons vir oop-kanaal kommunikasie en is ons dus te vinde vir konstruktiewe voorstelle. Die danser is nog steeds aanspreeklik om gereeld die lesse te neem & alles op ‘n veilige manier & plek te doen. Ons het darem nie onveilige danse of passies nie, maar vrywaar ons van enige beserings wat die danser dalk mag opdoen, hetsy dit nalatigheid aan die danser se kan was of nie.
Mans en seuns funksioneer op korttermyngeheue. Hulle moet dus die stappe weekliks doen asook hul weeklikse lesse om te help dat hul dit langtermyn onthou want hierdie manier is die enigste wat dit by hulle kan vaslê. Nie lank nadat ‘n seun of man opgehou met lesse neem, kan hul amper niks onthou nie. Dus is dit noodsaaklik om liewer gereeld lesse te neem om sodoende in voeling te bly met die dans sodat aanhoudende verfrissing plaasvind.
Vrouens en dogters is anders want hul funksioneer op langtermyngeheue. So hul onthou baie beter en langer. Dus verwag of aanvaar hul dat die ouens dieselfde is wat nie so is nie; die geslagte verskil en daarby kry mens nog uitsonderings ook. Om hierdie rede moet die ouens baie mooi ondersteun word want as ‘n ou nie kan dans nie, kan die paartjie nie dans nie. Dit help absoluut niks as die meisie kan dans of goed kan dans nie want in paredans moet die ou kan dans vir die paartjie om in pare-dans te funksioneer. Ouens se manlike ego moet ook beskerm word en as hul vergeet moet dit nie in ‘n kwessie verander word nie. Lag lekker daaroor en oefen weer van voor af tot dit reg is en later onthou kan word. Die ouens is werklik baie oulik, maar alle mans het aanmoediging nodig net soos vroue komplimente nodig het. Op hierdie wyse verseker ons vooruitgang.
Om kontak te hou met ons dansers en te help waar ons kan asook om nuwe kennis of nuus te deel, het ons ‘n Signal groep. Skakel asb daarby in en bly op die groep om van al die nuwe verwikkelinge en gebeurlikhede by ons van te wete te kom.
In ons Sokkie en paar ander danse doen ons so hier en daar ‘n oplig. Nie alle ouderdom dogters en vrouens kan opligte doen nie. Oorgewig dames sal dit ook nie kan doen nie. Daar is ook dogters of vrouens wat verkies om dit nie te doen nie en hul moet nie forseer word nie.
Aan die ander kant is daar meisies wat nie kan wag om opgetel te word nie.
‘n Oplig kan as enige iets meer as 3cm van die vloer af beskou word.
Om te weet wanneer ‘n meisie opligte kan doen is nie so maklik om te bepaal nie, maar ons beveel altyd aan dat sy graad 8 of 9 ouderdom moet wees of ouer. Dogters wat op hoër vlakke dans kan reeds begin met opligte of “lifts” vanaf graad 6 in die Boogie en Sokkie en moet hiervan kennis dra. Hulle hoef nie bang te wees nie want die opligte of “lifts” is nie hoog nie en word in sosiale pare-dans gebruik reg oor die wêreld. Alleenlik op aanvraag sal dogters hoë “lifts” en Theatre Arts (‘n dans wat grasieuse “lifts” bevat) doen.
Seuns doen eers “lifts” in die hoërskool van graad 9 of 10 af wanneer hul spiere sterk genoeg is om ‘n meisi op te tel.
Mense vra altyd hoe lank is ‘n goeie tydperk om danslesse te neem.
Mens moet eintlik lewenslank lesse neem om jou brein fiks te hou en om in voeling met die dans te bly.
Die meeste mense dans 4 tot 8 jaar, maar die ideaal is soos in oorsese lande 50 tot 70 jaar.
Partner Dance Club behou die reg om enige reels & fooie te verander of aan te pas, net soos ons die reg het om aansoekers af te keur.
Ons is nie onredelik wanneer dit by fooie kom want ons probeer u regtig help om sosiaal en dansvaardig te word. Daar is tog wel van tyd tot tyd dinge wat opgegradeer moet word en dit sluit die aanpas van fooie ook in. Ons probeer egter ons fooie so laag as moontlik hou om te verseker dat meer mense hierdie wonderlike lewensvaardigheid kan aanleer.
Ons dansklub fooie is laag sodat ons dansers vir ‘n lang tyd kan dans want ‘n persoon kan nie leer dans in ‘n kort rukkie nie, definitief nie in 1 of 2 kwartale nie, en ons wil hê ons dansers moet altyd baie beter dans as die algemene publiek. Dis ‘n lewensvaardigheid en leefstyl aktiwiteit, so mens moet eintlik aanhou met die aanlynlesse, sommer vir die res van jou lewe soos in ontwikkelde lande om die brein fiks te hou.
Hou ingedagte dat mans en seuns langer neem, party baie langer, om dansselfvertroue te bou as dogters en vroue. Om hierdie rede jaag mens met niks. Werk jul begroting so uit dat jul klomp kursusse kan neem oor ‘n lang tydperk eerder as om net 2 of 4 kursusse te neem in ‘n kort tydperk wat nie waardevol uitdraai nie.
Dance-Club Membership Conditions and Other Announcements!
Pairs dance, especially our type of social couples dance, is a royal activity and since you dance online at our leading dance club you are considered a member of our posh dance club during your participation, so it is expected of you as of all our dancers to maintain your behavior in a royal manner. Our dance knowledge should also not be used to go to places where excessive alcohol is used. Dancers should always display themselves as decent and civilized.
We as social dancers, who are involved in some form of partner-dance: ballroom dancing, Latin American dance, RocknRoll and other casual couples dances (we do all these; not just one or two), are all part of an international royal family tribe. Pairs dancing is such an elite activity that it automatically provides throne status because it requires discipline with respect and compassion towards others to perform and do well in it.
Pair dancing involves doing 7 things at the same time and even boys and men can do it:
• listen to the music,
• stay in time with the music,
• execute dance steps,
• avoid collisions,
• plan the next step,
• give or react to the dance partner’s dance signals and
• chat
No wonder it is possible to increase IQ with couples dancing; the only activity that can accomplish this— a proven fact. Please don’t rush through our online lessons, but rather exercise patience by allowing enough time to develop in this so that you can do all these things separately as a man or woman at the same time. It’s not something that develops overnight; it’s a growth and development process.
Everything we offer is stress free, but brings about valuable exposure, development and life-experience. It is thus of cardinal importance that our dancers attend and partake in our presentations for the desired and best results. We really do have very loyal dancers at our dance club and we thank these loyal dancers and their parents for all your support, participation and contribution. It doesn’t go by unnoticed and the results are also evident.
Our video lessons must be taken faithfully. Dancers who take their lessons infrequently cannot hold our dance club or online lessons responsible if they cannot dance, remember or execute their dance steps. Dancers who do not take their online lessons every week, every day or every few days cannot remember what was covered. The brain starts to forget from 7 days, so it is ideal to take the online lessons weekly or less and it is also important to do this for years so that the new knowledge can stimulate the brain and the old knowledge can be repeated or refreshed. Dancers who regularly stay in touch with the dance remember just so much better than those who only occasionally go to a function where they want to showcase their knowledge and skill and then realize they remember very little. The regular taking of online lessons helps tremendously to remember even old stuff because the dancer stays in touch with this life skill.
Remember, the brain loses the information after 7 days. This is why it is so important to get in touch with the same skill on a weekly basis, which is not always possible due to illness or other activities, but dancers who take their lessons regularly dance well compared to the dancers who procrastinate. Our research has shown that dancers who attend physical classes or take video lessons online every other week for weeks, cannot learn to dance properly. They only learn steps, but they cannot use them because they do not take the regular lessons and in all probability also do not practice as if they were at a dance function. Only after a 7-week period, every dance step is a part of the memory bank and can no longer be lost. 24 hour to 7-day intervals or rest periods are required for the brain to process new data.
The 7 stages the mind goes through in attaining a new skill:
1st Exposure = Total Rejection
2nd Exposure = Partial Rejection
3rd Exposure = Partial Acceptance
4th Exposure = Full Acceptance
5th Exposure = Partial Assimilation
6th Exposure = Full Assimilation
7th Exposure = Automatic and part of you
Dancers who take our online lessons take the responsibility and accountability to do our online lessons regularly. It seems to be more difficult to exercise discipline when it comes to taking online courses, but it is possible because there are already several who have successfully completed courses.
Because we tested our online lessons and made sure they were offered the same as our physical classes to ensure the best results and also asked a few couples to test our online lessons and courses, we are sure that anyone who focuses and pay attention, will obtain the desired result.
Although our online dancers take our video lessons and virtual courses at their own risk, we still want them to dance with us to high dance level for a very long time. For this reason, we provide open-channel communication and are therefore available for constructive suggestions. The dancer is still responsible for taking the lessons regularly & doing everything in a safe way & place. At least we do not have unsafe dances or dance-steps, but we indemnify ourselves from any injuries that the dancer may incur, whether it was negligence on the part of the dancer or not.
Men and boys function on short-term memory. So they need to do the steps weekly as well as their weekly lessons to help them remember it long term because this way is the only one that can capture it in them. Not long after a boy or man stops taking lessons, they can remember almost nothing. Therefore, it is essential to take regular lessons in order to stay in touch with the dance so that continuous refreshment takes place.
Women and girls are different because they function on long-term memory. So they remember much better and longer. Hence, they expect or accept that the guys are the same, which is not true; the sexes differ and in addition there are exceptions as well. For this reason, the guys need to be supported very well because if a guy cannot dance, the couple cannot dance. It helps absolutely nothing if the girl can dance or dance well because in partner-dance the guy must be able to dance, for the couple to function properly. Guys’ male ego needs to be protected and if they forget it should not be turned into an issue. Have a good laugh about it and practice again from the beginning until it is correct and can be remembered later. The guys are really very cunning, but all men need encouragement just as women need compliments. In this way we ensure progress.
To keep in touch with our dancers and help where we can as well as to share new knowledge or news, we have a Signal group. Please join in and stay on the group to find out about all the new developments and happenings with us.
In our Sokkie and a few other dances we do a lift here and there. Not all age girls and women can do lifts. Overweight ladies will not be able to do that either. There are also girls or women who prefer not to do this and they should not be forced.
On the other hand, there are girls who cannot wait to be picked up.
A lift can be considered as anything more than 3cm off the floor.
Knowing when a girl can do lifts is not that easy to determine, but we always recommend that she be grade 8 or 9 age or older. Girls who dance at higher levels can already start with lifts from grade 6 in the Boogie and Sokkie and must be aware of this. They do not have to be afraid because the lifts are not high and are used in social couples dancing all over the world. Only on request, girls will do high lifts and Theater Arts (a dance that contains graceful lifts).
Boys only do lifts in high school from grade 9 or 10 when their muscles are strong enough to lift a girl.
People always ask how long is a good time to take dance lessons.
One should actually take lifelong lessons to keep your brain fit and to stay in touch with the dance.
Most people dance 4 to 8 years, but the ideal is as in overseas countries 50 to 70 years.
Partner Dance Club reserves the right to change or modify any rules & fees, just as we have the right to refuse applicants.
We are not unreasonable when it comes to fees because we are really trying to help you become socially and dance proficient. However, from time to time there are things that need to be upgraded and this includes adjusting fees as well. However, we try to keep our fees as low as possible to ensure that more people can learn this amazing life skill. We also do not make any refunds because we know our concept works.
Our dance-club fees are low so our dancers can dance for a long time because a person cannot learn to dance in a short while, definitely not in 1 or 2 terms, and we want our dancers to always dance much better than the general public. It is a life skill and lifestyle activity, so one should actually continue with the online lessons for the rest of one’s life as in developed countries to keep the brain fit.
Keep in mind that men and boys take longer, some much longer, to build dance confidence than girls and women. For this reason nothing should be rushed. Work out your budget so that you can take a lot of courses over a long period of time rather than just taking 2 or 4 courses in a short period that does not turn out to be valuable.